Lone in vervoerbedryf – minister kan nie lone stel nie

Na daar beroepe op die Namibiese minister van vervoer John Mutorwa gedoen is om ‘n minimumloon vir vragmotorbestuurders daar te stel, het die minister bevestig dat hy geen mandaat het om in te tree in kwessies van salarisse van vragmotorbestuurders nie. Die PDM-party se Johannes Martin sê talle van die bestuurders word per reis betaal en dat hulle beter behandeling verdien maar Mutorwa sê dit is die plig van die betrokke vakbonde om te onderhandel vir minimumlone en ander voordele. Minimumlone is tans in die nuus met die arbeidsministerie se loonkommissie wat onlangs landswyd konsultasies gehou het vir die daarstelling van ‘n nasionale minimumloon.