KZN-vloedslagoffers: Menseregtekommissie moet ondersoek instel

Die DA in KwaZulu-Natal het ‘n klag by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie ingedien oor wat hy beskryf as die onmenslike toestande in gemeenskapsale waar vloedslagoffers gehuisves word. Die party het oorsigbesoeke aan nege gemeenskapsale gebring om meer uit te vind oor regeringshulp, tydelike behuisingseenhede en die algemene lewensomstandighede, drie maande ná die verwoestende oorstromings. Francois Rodgers van die DA sê hulle het bevind die toestande waaronder die mense leef, stem nie ooreen met premier Sihle Zikalala se beloftes nie: