SANParke veroordeel luiperd-video van Krugerwildtuin

SANParke het die optrede veroordeel toe ʼn luiperd in die Nasionale Krugerwildtuin in Mpumalanga vankant gemaak en toe herhaaldelik geslaan is. Die voorval is op video opgeneem. SANParke sê sulke gedrag druis in teen die etos van die organisasie wie se primêre oogmerk die bewaring van bioverskeidenheid is en wat optree as bewaarder van die natuurlewe. Woordvoerder Isaac Phaahla het bevestig drie van die nege mense in die video is werknemers van SANParke en drie is veldwagters: