NLU vra boere oor veediefstal, konflik en stropery

Die Namibiese Landbou-unie sê data oor vee- en wilddiefstal, en mens-dier konflik, word tans ingesamel. Volgens koerantberigte regoor Namibië is diefstal van vee en stropery van wild tesame met mens-dier konflik een van die grootste uitdagings vir die landbousektor. Die statistieke tans in die unie se besit weerspieël nie hierdie situasie nie. Die unie sê hy die inisiatief geneem om die werklike ekonomiese impak van lewendehawe- en wilddiefstal, asook verliese weens roofdiere en ander mens-dier konflik situasies te ondersoek. Die projek word aangepak met die ondersteuning van die Universiteit van Wetenskap en Tegnologie. Lede kan vorms by die unie bekom en aanlyn indien of ‘n hardekopie voorsien, teen 20 Augustus. Die resultate sal vroeg in Oktober bekend gemaak word.