KZN-strande: rou riool, stank en dalende toerisme

Die Demokratiese Alliansie in KwaZulu-Natal sê die stank weens onbeheersde omgewingsbesoedeling sal die reeds kwynende toerismebedryf aan dié provinsie se strande nog meer skade doen. Dit kom ná dekades van waarskuwings. Heinz de Boer van die DA sê die mees onlangse vloei van rou riool in die Umgeni-rivier vanaf die eThekwini-pompstasies is ‘n direkte gevolg van die aanstelling van ANC-kaders, geldelike wanbestuur en swak leierskap wat die plaaslike ekonomie striem: