Top-10 Sauvignon Blanc-wyne volgende maand bekend

En die somer is hier en ‘n lekker glas koue wit wyn is in orde, of hoe? Die tien beste Sauvignon Blanc-wyne word op 13 Oktober bekend gemaak by die Sauvignon Blanc Suid-Afrika top tien-toekennings. ‘n Woordvoerder van Sauvignon Blanc SA sê verskeie wyne verskyn vir die eerste keer tussen die top 20 en dit verteenwoordig verskeidenheid in die style van die wynkultivar. Altesaam 96 produsente het 157 wyne vir die kompetisie ingeskryf. Drie van die wyne in die reeks is Anthonij Rupert se Kaap van Goeie Hoop Altima, Bellevue Sauvignon Blanc 2021 en D’Aria The Songbird Sauvignon Blanc 2020.