Kyk uit vir skietwond, vra Nampol na roof op Okh

Die polisie in die Otjozondjupa-streek het ‘n beroep op klinieke en hospitale in en om Okahandja en Windhoek gedoen om op die uitkyk te wees vir ‘n man met ‘n skietwond. Dit volg na ‘n gewapende roof by Agra vanoggend op Okahandja. Volgens wat berig word is 49 000 Namibiese dollar in kontant gebuit. Die polisie sê ‘n silwer Golf wat aan die een kant gestamp is, is deur die rowers gebruik. Geen verdere besonderhede is bekend nie en Kosmos 94.1 Nuus sal met owerhede, wat op die oomblik nie beskikbaar is nie, opvolg.