Kusbewoners sweet, binnelanders bibber

Onafhanlike landbouweerkundige Johan van den Berg waarsku dat Suid-Afrika ‘n redelike lang en koue winter gaan hê met sterk winde as gevolg van koue fronte. Vir Namibië waarsku die plaaslike weervoorspeller Richard Nashikaku baie warm toestande gaan langs die kus voorkom, maar koue weersomstandighede in die noordelike, sentrale en oostelike gebiede van die land.