Meer as 600 vermeende Russiese oorlogsmisdadigers geïdentifiseer

Meer as 600 vermeende Russiese oorlogsmisdadigers is geïdentifiseer. Dit is volgens Oekraïne se aanklaer-generaal, Iryna Venediktova, wat sê hulle het al begin met die vervolging van 80 vermeende oorlogsmisdadigers. ‘n Oekraïnse hof het reeds twee Russiese soldate vir elf-en-‘n-half-jaar tronk toe gestuur weens oorlogsmisdade. Die Internasionale Strafhof is tans besig om saam met Oekraïne, Pole en Litaue Russiese oorlogsmisdade te ondersoek.