Ontvoerde San-baba gevind, drie vasgetrek

Drie verdagtes in die onlangse ontvoering van ‘n drie maande oue babaseuntjie op Tsumeb is in hegtenis geneem. Die baba is ongedeerd saam met ‘n 23-jarige vrou naby Oshakati gevind. Die baba is deur ‘n dokter ondersoek en is in ‘n gesonde toestand. Die vrou, 23, is in hegtenis geneem en sal vandag in die Tsumeb-landdroshof verskyn. Haar twee medepligtiges, die 21-jarige Lydia Kaunehafo Shimbilinge, en haar sekuriteitswag-broer van Swakopmund, die 25-jarige Joseph Natangwe Shatilwe, het reeds in die Tsumeb-landdroshof verskyn. Die saak spruit voort uit ‘n 18-jarige San-ma wat in middel Mei na Tsumeb gelok is vir ‘n werk as ‘n huishulp, waarna twee verdagtes met haar baba verdwyn het toe sy winkel toe gestuur is om kos te gaan koop.