Kruger-wildtuin bied Savanna Science Network-byeenkoms aan

Die Kruger-wildtuin kon weens die reisbeperkings nie ‘n vergadering vir belanghebbendes aanbied nie, maar kan nou weer eens wetenskaplikes, navorsers en bestuurders van regoor die wêreld verwelkom by die 19de Jaarlikse Savanna Science Network-byeenkoms. Die vergadering vind vanaf vandag plaas by die Nombolo Mdluli-konferensiesentrum in Skukuza. ‘n Woordvoerder sê hulle sal 155 afgevaardigdes ontvang wat 60 verskillende wetenskaplike en bewaringsorganisasies in 14 lande verteenwoordig. Aktuele kwessies in ekologiese en maatskaplike wetenskappe word gedek, soos ekologiese prosesse en aanbiedings oor kulturele erfenis en toerisme.