Uasa gee universiteite tot môre vir skrap van verpligte inentingsbeleid

Die Alliansie van Suid-Afrikaanse Universiteite of Uasa het openbare instellings vir hoër onderwys tot môre gegee om afstand te doen van hulle verpligte inentingsbeleid. Uasa sê hy is besig om regstappe te doen teen verskeie instellings oor wat hy noem ‘n “irrasionele, medies ongeregverdigde en onwettige” Covid-inentingsbeleid. Die alliansie, wat studente en personeel aan universiteite verteenwoordig, sê die inentingsmandaat skend die regte tot menswaardigheid, liggaamlike integriteit en opvoeding, asook arbeidsverhoudings. Uasa wil hê die verpligte Covid-inentingsbeleid moet ongrondwetlike verklaar word.