Een Covid-sterfte op Rundu aangemeld

Die Namibiese gesondheidsministerie het een Covid-sterfte op Rundu aangemeld, asook 12 nuwe gevalle uit 778 toetsuitslae aangemeld, wat ‘n positiewe koers van 1,5 persent verteenwoordig. In die groep is drie leerders, twee studente en een onderwyser. Daar is nou 2 333 aktiewe gevalle, waarvan 27 pasiënte in hospitale is en twee in hoësorgeenhede. Altesaam 21,3 persent van die teikenbevolking is ten volle ingeënt.