Krisis-toestand by die Okavango-rivier

Die Okavango-riviervlakke het geleidelik gedaal weens sikloon Freddy met die verwagte reënval in Namibië wat nie gerealiseer het nie. Mark Paxton, eienaar van Shamvura Camp naby Rundu, sê dat vloedvlaktes besig is om op te droog, en voël- en visbroei- en voedingsroetines word onderbreek. Hy voeg by dat toenemende onwettige visvang ‘n bykomende bedreiging inhou. Paxton sê aan Kosmos 94.1 Nuus iets moet dringend gedoen word om onwettige visvang aan te spreek anders is daar binnekort niks oor nie.