Smith N$2,4m aangebied om by TransNamib te bly… hy sê nee

Die Engelse staatsdagblad New Era berig dat hy in besit is van dokumente wat toon dat TransNamib ‘n salaris van 2,4 miljoen Namibiese dollar aan sy uitvoerende hoof Johny Smith aangebied het om nog vyf jaar by die beleërde vervoermaatskappy aan te bly, maar dat Smith dit van die hand gewys het. Hy sal die maatskappy aan die einde van die maand verlaat. Die voorsitter van TransNamib se raad, Theo Mberirua het bevestig dat die raad eenparig besluit het om te poog om Smith aan te hou. Smith het uitgebreide ervaring in logistieke en het die Walvisbaai Korridor-groep van sy vestiging met groot sukses opgebou.