Arsenal gaan huis toe

Die Premierliga-voorlopers, Arsenal, is in die Europa Liga uitgeskakel in ‘n strafdoel-nederlaag teen Sporting Lissabon. Gabriel Martinelli se skop is deur die doelwagter gered en die Portugese span is deur na die kwarteindronde nadat hulle die strafdoelstryd 5-3 gewen het. Manchester United het intussen na die kwarteindronde deurgedring met ‘n gekombineerde telling van vyf-een oor Real Betis, nadat Marcus Rashford se doel ‘n oorwinning van 1-0 in die tweede been in Spanje beklink het. Arsenal se bestuurder, Mikel Arteta, sê hulle was bloot nie op hul gewone vlak teen Sporting nie: