Krieket: Zimbabwe wen Ierland maklik

Krieket: Zimbabwe het maklik met Ierland afgereken in sy eerste wedstryd van die T20-Wêreldbekertoernooi in Hobart, Australië, en met 31 lopies gewen. Zimbabwe het eerste gekolf en ‘n baie mededingende 174 vir sewe in hulle 20 boulbeurte aangeteken danksy ‘n vinnige 82 deur Sikandar Raza. Ierland het daarna gereeld paaltjies verloor en is beperk tot 143 vir nege nadat Blessing Muzarabani drie slagoffers geëis het. Dit volg nadat Namibië Sondag 2014 se kampioen, Sri Lanka, verslaan het. Namibië speel môre teen Nederland en Zimbabwe Woensdag teen die Windies.