Namibiese graad elfs en twaalfs begin met eindeksamen

Sowat 60 000 Namibiese graad 11-leerders het vandag met hul eindeksamen begin. Die graad 12-leerders se eindeksamen skop volgende Dinsdag af. Die eerste groep Namibiese graad 12-leerders wat die eksamens aflê vir die Internasionale Sekondêre Sertifikaat van die Onafhanklike Eksamenraad, die IEB, skop Woensdag af met hul eerste vak. Colette Rieckert van die Privaatskolevereniging wens die Namibiese leerders sterkte toe met die eksamen.