Numsa vra omkeer om nie Comair-lisensie op te skort

Die metaalwerkersvakbond, Numsa, doen ‘n beroep op die Internasionale Lugdiensraad om sy besluit om te keer om Comair se lisensie op te skort. Die opskorting sal ‘n regstreekse uitwerking hê op 1 500 werknemers. Comair is in Junie onder voorlopige likwidasie geplaas weens sy versuim om betyds ‘n koper te kry. Numsa se woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê moontlike kopers het na vore gekom, maar sommige van hulle het gedreig om te onttrek na die opskorting van die lisensie.