Krieket: Protea Vroue speel môre teen Indië

Krieket: Die Protea Vroue speel more op Buffalopark in Oos-Londen teen Indië in die eindstryd van die Driehoekige Reeks. Dit sluit ook albei spanne se voorbereiding vir die Wêreldbeker af voordat dié internasionale toernooi op 10 Februarie in Suid-Afrika begin. Die afrigter van die Proteas, Hilton Moreeng, sê die eindstryd teen Indië is die perfekte opwarming vir die Wêreldbeker.