EU en Oekraïne hou Vrydag spitsberaad in Kiëf

Oekraïne en die Europese Unie hou Vrydag ʼn spitsberaad in Kiëf. Die Oekraïense regering hoop die konferensie bring die oorlogverwoeste land nader aan lidmaatskap van die blok, bykans ʼn jaar nadat Rusland sy inval begin het. Oekraïne het in Junie die status as EU-kandidaat gekry. Kiëf hoop ook om tot 140 oorlogstenks van sy Westerse bondgenote te kry. Die president van Oekraïne, Volodomyr Zelensky, sê hy hoop die spitsberaad sal bewys lewer van ʼn hoë “vlak van samewerking en vordering” met die blok van 27 lede.