NSFAF verleng aansoekproses tot 10 Februarie

Die Namibiese Studente Finansiële Bystandsfonds het die aansoekproses vir studente tot 10 Februarie verleng. Alle studente wat finansiële bystand nodig het, moet aanlyn aansoek doen voor die sperdatum om vertragings op die nippertjie te vermy. Kosmos 94.1 Nuus het met Kennedy Kandume, die fonds se uitvoerende hoof, gepraat, wat maan dat die aansoekproses nie weer verleng sal word nie