DA: Beleid vir Uitgebreide Openbare Werke is nie antwoord vir werkloosheid

Die DA sê die departement van openbare werke en infrastruktuur se programbeleid vir Uitgebreide Openbare Werke is nie die antwoord op Suid-Afrika se werkloosheidskrisis nie. Die party vra vir ‘n beleid wat die private sektor betrek om deur vaardigheidsontwikkeling waarde vir deelnemers toe te voeg. ʼn Woordvoerder van die DA, Samantha Graham-Maré, glo die program moet dien as ‘n korttermyn-oplossing vir werkloosheid en ʼn treetjie nader aan formele indiensneming.