Invictus stop boorwerk aan eerste eksplorasieput in Zimbabwe

Boorprobleme het Invictus Energy vir eers in Zimbabwe verslaan, met die maatskappy wat boorwerk aan sy eerste eksplorasieput tot ‘n einde bring. Alhoewel druk ‘n uitdaging was, was daar bemoedigende resultate. Die maatskappy het aan die einde van September begin om die Mukuyu 1-put in Zimbabwe se Cabora Bassa-kom te boor. Teen middel November het Invictus positiewe resultate gerapporteer. Daar was egter uitdagings met boorwerk en dit is bevind dat die projek nie meer haalbaar is nie. As sodanig het Invictus het sy toerusting en mense gedemobiliseer. ‘n Zimbabwiese ekonoom Eddie Cross, deel sy teleurstelling met Kosmos 94.1 Nuus.