Kragkrisis: ANC het geen plan nie, sê Steenhuisen

Die leier van die DA in Suid-Afrika John Steenhuisen het skerp kritiek uitgespreek teenoor die ANC-regering oor die kragkrisis. Hy het op die party se YouTube-kanaal Suid-Afrikaners toegespreek. Hy sê daar is twee maande na ‘n taakspan saamgestel is, steeds geen uitsluitsel oor hoe die Eskom-probleem aangespreek moet word nie.