Nigeriese owerhede vind 1,8t kokaïen

Daar is beslag gelê op ‘n rekord 1,8 ton kokaïen by ‘n pakhuis in Lagos, Nigerië. Owerhede sê die dwelms het ‘n straatwaarde van 278,5 miljoen Amerikaanse dollar. Die dwelms was vir kopers in Europa en Asië bestem. Wes-Afrika is ‘n belangrike transito-punt vir kokaïen wat afkomstig is van Suid-Amerika. In April het owerhede in die Ivoorkus op meer as 2 ton kokaïen beslag gelê, terwyl owerhede in die eiland-argipel van Kaap Verde in 2019 op 9,5 ton kokaïen beslag gelê het.