Koue toestande in Suid-Afrika duur voort

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê twee winterstelsels beweeg oor die buurland en
bring ysige temperature, sneeu, wind en reën oor die meeste provinsies. Koue weer is
gister die hele dag in die Noord-Kaap, Vrystaat en Gauteng ondervind. Die weerdiens
het ‘n waarskuwing uitgereik van ontwrigtende sneeu in die Oos-Kaap, die suidelike
Drakensberg en KwaZulu-Natal. Warmer toestande sal waarskynlik die week intree.