Amerika gaan hulp verleen na aardbewing in Haïti

Die Amerikaanse regering is besig met aksies om hulp te verleen na die enorme aardbewing met ‘n omvang van 7,3 wat die Karibiese inwoners van Haïti getref het. Meer as 304 mense is dood en ten minste een-duisend-800 is beseer. Na wat berig word was die aardbewing se episentrum sowat 150 kilometer van die digbevolkte hoofstad Port-au-Prince. Die plaaslike media reken die dodetal mag tot duisende styg. Die land het nog nie eers herstel van die aardbewing met ‘n omvang van sewe wat elf jaar gelede voorgekom het nie. Ten minste 220-duisend mense het toe gesterf en meer as een-miljoen is dakloos gelaat.