Visepresident Nangolo Mbumba is vandag 80 jaar oud

Boodskappe vir ‘n geseënde verjaardag word ontvang vir die Namibiese visepresident
Nangolo Mumba wat vandag verjaar. Hy is 80 jaar oud. Die deurwinterde politikus is op
15 Augustus 1941 op Olukonda in die noorde van die land gebore en is die afgelope jare
wydlopend in landsake betrokke.