Kortlys vir Whk-baas bekend

Stad Windhoek het die jongste in verband met die aanstelling van ‘n hoof uitvoerende beampte bekend gemaak. Die huidige hoof by die Namibiese Paaieowerheid Conrad Lutombi is saam met Joyce Mukubi, dr. Charmill Zamuee , dr. Eino Mvula en Moses Matyayi op die kortlys vir die posisie. Die Stad sê daar was 61 aansoeke wat vir die pos ontvang is en 25 het aan die minimum vereistes voldoen. Onderhoude sal op 27 en 28 September plaasvind en sal regstreeks gebeeldsend word. Die vorige hoof uitvoerende beampte, Robert Kahimise het op 1 November verlede jaar by Cenored in Otjiwarongo aangesluit.