Rusland teiken steeds Oekraïne se energie-infrastruktuur

Russiese aanvalle op energie-infrastruktuur het gelei tot oornag-kragonderbrekings in die Oekraïense streke van Sumy en Kharkiv wat grens aan Rusland. Moskou het die afgelope maande aanvalle op Oekraïne se energie-geriewe verskerp, wat ‘n aansienlike deel van die produksie uitgeskakel het, en onderbrekings en beurtkrag regoor die land veroorsaak het. Kyiv sê Moskou eskaleer aanvalle voor landwye vierings Donderdag, wanneer Rusland die oorwinning in die Tweede Wêreldoorlog herdenk. Oekraïne wag ook op die aankoms van belangrike wapenvoorrade uit die Verenigde State.