Nieu-Seeland maak weer skoonskip by Wêreldbeker

Nieu-Seeland het die tweede keer by die Wêreldbeker skoonskip gemaak toe hy Nederland in Hyderabad, Indië, met 99 lopies verslaan het. Die Kiwi’s het 322 vir sewe behaal met aanvangskolwer Will Young, Tom Latham en Rachin Ravindra wat almal meer as vyftig lopies aangeteken het. Die Nederlanders is op 223 almal uit met die linkerhand-draaibouler, Mitchell Santner, wat vyf paaltjies platgetrek het. Die twee seges in twee kragmetings plaas Nieu-Seeland boaan die punteleer. Engeland speel tans teen Bangladesj in Dharamshala, met Pakistan en Sri Lanka wat later vanoggend sake uitspook.