Korrektiewe Diens oortref alle verwagtinge

Die Namibiese Korrektiewe Diens se voedselproduksie gaan van krag tot krag. Kort na die nuus dat die diens saam met die Wêreldvoedselprogram werk word daar berig dat net meer as 1 334 ton mielies in voorraad is by die Divundu-korrektiewe fasiliteit, genoeg om alle korrektiewe instansies en nabygeleë polisie-aanhoudingselle vir ‘n jaar te voorsien. Die fasiliteit, saam met Evaristus Shikongo, vorm deel van die vier plase wat tuinbou en veeboerdery benut om voedsel aan gevangenes te verskaf. Die fasiliteit het ook 363 beeste, 242 bokke, 152 skape en vier perde en voorsien alle korrektiewe instansies, en verskeie polisiestasies van mieliemeel, brood en meel. Die Evaristus Shikongo-korrektiewe fasiliteit verskaf beesvleis, lemoene, suurlemoene, naartjies aan die diens regoor die land.