Europa vry erg na Afrika se hulpbronne

Afrika se hulpbronne sal al hoe meer in fokus kom, nie net as gevolg van die oorlog in die Oekraïne nie maar ook oor die algemeen omdat bronne in die res van die wêreld begin kwyn. Dit is die mening van die bekende beleggingsekonoom in Suid-Afrika Dawie Klopper op die nuus dat die Italiaanse energiemaatskappy Eni, en Libië se Nasionale Oliekorporasie, ‘n gasproduksieooreenkoms van 8 miljard Amerikaanse dollar onderteken het. Klopper sê Afrika moet voorberei hiervoor.