Kopenhagen leer by Frankryk en Notre Dame

Kopenhagen se burgemeester sal Frankryk se reaksie op die brand in die katedraal van Notre-Dame gebruik met die hantering van die brand in die Deense hoofstad se Ou Aandelebeursgebou. Die 400-jaar-oue kompleks is erg beskadig toe ‘n brand Dinsdag uitgebreek het. Die punt van die toring het omgeval en ‘n groot deel van die dak het ineengestort. Die eienaars van die gebou, die Deense Kamer van Koophandel, beloof om die landmerk te herbou. Burgemeester Sophie Haestorp Anderson sê sy besoek Parys volgende maand om te leer oor die restourasie van die Notre-Dame.