Kommer oor die toestande in Sudan

President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika is diep bekommerd oor die voortslepende konflik en humanitêre katastrofe in Sudan, en dit raak ook ander lande in die streek. Die president het sy werksbesoek aan Suid-Sudan afgesluit. Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Naledi Pandor, het namens Ramaphosa gesê blywende vrede, stabiliteit en ontwikkeling in Sudan sal afhang van die wyse waarop die kollektiewe leierskap die uitdagende tye vorentoe hanteer: