Vrou tronk toe na 2 000 oproepe na noodnommer

‘n Britse vrou is tronk toe gestuur omdat sy die land se noodnommer, 999, in drie jaar meer as twee-duisend keer geskakel het. Die 56-jarige Sonia Nixon het 17 verskillende selfoonnommers gebruik. Sy is in Januarie in hegtenis geneem en aangekla van 670 oortredings, wat ‘n rassistiese aanval op ‘n polisielid insluit en ras-verswarende openbare orde. Sy is tot 22 maande gevonnis. Nixon word beskou as die vyfde ergste herhaalde inbeller tussen 2021 en 2023, wat ‘n aansienlike uitwerking gehad het op hoe vinnig operateurs op ware noodgevalle kon reageer.