Konstruksie begin op 287km kraglyn

NamPower het te kenne gegee dat hy konstruksie aan die 287-kilometer transmissielyn vanaf Auas na Gerus begin. Die 400 kilovolt-lyn sal dus vanaf Dordabis tot Otjiwarongo opgerig word en volgens die maatskappy vorm dit deel van sy beplanning om sy 400-kilovolt infrastruktuur met 800 kilometer te verleng en sodoende bekostigbare elektrisiteit aan inwoners te kan lewer. Die kraglyn sal volgens NamPower ook toelaat dat hy toegang tot die produksie van talle onafhanklike kragprodusente wat hernubare bronne vir opwekking benut, verkry.