Beurtwater vir Gauteng

Dit wil voorkom asof beurtwater Gautengers se voorland is… Rand Water gaan voort om 20 persent waterbeperkings in ‘n aantal munisipaliteite in Gauteng in te stel. Dit word gedoen weens groot druk op die netwerk omdat die vraag voortdurend hoër is as die lewering. Die woordvoerder van Johannesburg Water, Eleanor Mavimbela, sê die beperkings word ingestel sodat Rand Water sy netwerkstelsels kan herstel. Dit sal meebring dat inwoners in dele van Johannesburg slegs met tye water sal hê: