Kommersiële boere in die Vrystaat ontvang tegnologiese bystand

Die Departement van Landbou in die Vrystaat het die Risikobestuurs-oplossingsprogram van stapel gestuur. Die program is daarop gemik om boere met tegnologiese toerusting soos opsporingstoestelle vir diere, digitale sekerheidsbewaking en hommeltuie te ondersteun. Die LUR, William Bulwane, het ‘n algehele begroting van ongeveer vyf miljoen Suid-Afrikaanse rand vir die program bekend gemaak. Die eerste groep boere om hieruit baat te vind is van kommersiële plase naby Thaba Nchu, Botshabelo, Wepener en Bainsvlei. Hulle sal vee-opsporingstoestelle en voertuie toegerus met opsporingstelsels ontvang.