Konstruksie aan Savanna Beef se verwerkingsaanleg dalk in Mei  

Savanna Beef Namibia het sy eerste vergadering vir hierdie jaar gehad. Die versoek vir voorstelle vir die ingenieurswese, verkryging en konstruksie van die Savanna Beef-verwerkings-aanleg is vroeg in Desember 2022 uitgestuur. Drie maatskappye het op 25 Januarie ‘n ter plaatse inspeksie bygewoon. Die sperdatum vir die tenderproses is einde Maart. Die Forum vir Beesvleis-waardetoevoeging in samewerking met die Savanna Beef Producers-aandeelhouers sal ‘n besluit neem, en hopelik kan die konstruksie van die verwerkingsaanleg in Mei 2023 begin.