Nanso: Gebrek aan klaskamers grootste kwessie  

Die Namibiese Nasionale Studente-organisasie, Nanso, het die eerste fase van sy jaarlikse vlagskip-program, die Toegang tot Onderwys-veldtog in die Zambezi-streek by die Dr. Sam Nujoma Gekombineerde Skool van stapel gestuur. Tot dusver het Nanso se uitvoerende komitee talle skole in die Zambezi-, Kavango-Oos-, Kavango-Wes- en Ohangwena-streke besoek, terwyl die streke se uitvoerende komitees ook begin het om skole binne al 14 streke te assesseer. Met die besoeke aan die skole is ‘n aantal kwessies geïdentifiseer wat algemeen voorkom. Die mees prominente kwessie nog is die gebrek aan klaskamers. Tweedens is daar ‘n gebrek aan leer- en onderrigmateriaal in skole. Kosmos 94.1 Nuus het met Nanso se woordvoerder, Dorothea Nangolo, gepraat.