Nigel van Wyk se borgaansoek duur môre voort

Die verhoor van die borgtogaansoek van Nigel van Wyk, die werknemer van die voormalige minister van justisie, Sacky Shanghala, wat ook ‘n beskuldigde in die Fishrot-korrupsiesaak is, is tot môreoggend tien-uur in die Windhoekse hoërhof uitgestel. Van Wyk is in aanhouding sedert sy inhegtenisneming in Desember 2019 ná hy glo bewyse in die saak uit Shangala se huis verwyder het. Van Wyk word onder meer van dwarsboming van die gereg en die onwettige besit van ammunisie aangekla.