Kommer oor trae gebruik van finansiële pakkette vir Nam-besighede

Die Namibiese eerste minister dr. Saara Kuugongelwa-Amadhila sê hulle het met kommer waargeneem dat die finansiële pakket wat die regering opsy vir besighede gesit het, nie optimaal gebruik word nie. Die fonds bied geleenthede vir besighede om bestaan voort te sit en ook uit te brei. Kuugongelwa-Amadhila moedig ook Namibiese besighede aan om van die fonds gebruik te maak wat deur die Ontwikkelingsbank van Namibië beskikbaar gestel is.