Strydom verskyn weer na dood van sy vrou Engela

Coenraad Strydom, wat daarvan verdink word dat hy sy vrou, die 48-jarige Engela Strydom vermoor het, sal vandag weer in die landdroshof op Walvisbaai verskyn. Sy vrou is op 4 November tydens ‘n skietvoorval in hul huis in die Meersig-woonbuurt dood, waarna hy aangevoer het dat sy selfmoord gepleeg het. Die egpaar is in Julie vanjaar getroud. Die 45-jarige Strydom is op 8 November borg geweier deur landdros Vicky Nicolaidis.