Boere moet tegnologie benut vir beter omset

Die Suid-Afrikaanse landbou-sakekamer, Agbiz, sê Suid-Afrikaanse boere het vinnig by nuwe tegnologie aangepas. Dit plaas die land se boerdery-sektor bo baie ander Afrikalande wat omset per hektaar betref. Volgens die landbousakekamer is die stadige aanpassing by landboutegnologie deels verantwoordelik dat talle Afrikalande se landbousektor met lae opbrengste en armoede in landelike gebiede sukkel. John Purchase, die hoof uitvoerende beampte van Agbiz sê tegnologie voeg waarde by tot landbou.