Kommer oor toenemende inflasie in SA

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank sê die ekonomie het aanhou herstel ten spyte van terugslae weens verskeie vlae Covid-19 en die onrus in Julie in KwaZulu-Natal en Gauteng. Die bank het sy Monetêre Beleidsoorsig vir hierdie maand vrygestel. Die Reserwebank sê egter die inflasierisiko het gestyg en oor ‘n wyer front voorgekom, terwyl reële rentekoerse as gevolg van dié styging meer negatief is as wat verwag is. Die bank voeg by hy het by herhaling die belangrikheid van strukturele hervormings beklemtoon. Hieronder tel die skepping van energie vir groei, en die stabilisering van openbare skuld. Dawie Klopper ‘n ekonoom in die buurland het sy reaksie aan Kosmos 94.1 Nuus so verword.