SAOG-mag brei uit in Mosambiek

Leiers van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap het hul lande se militêre teenwoordigheid uitgebrei in ‘n poging om ontslae te raak van jihadiste-onrus in die noorde van Mosambiek. President Cyril Ramaphosa van Suid-Afrika het tydens die Troika-beraad wat in Pretoria gehou is, gesê hulle het ‘n betekenisvolle bydrae gelewer om vrede en sekerheid in Mosambiek teweeg te bring. Hy sê die SAOG het vanaf 15 Julie ‘n drie-maande sending ontplooi as deel van ‘n ooreenkoms wat die groepering se 16 lidlande in Junie bereik het: