Nictus-baas hardloop teen Christine, Beatrice

Nictus Furnishers Namibia se hoof uitvoerende beampte Francois Wahl is, soos hulle sê, ‘n yster. Wahl sal op 14 Oktober, wanneer Nictus ‘n oorhandiging aan Christine Mboma en Beatrice Masilingi doen, sommer die 100-meter kaf draf, nogal teen die twee. Dit vind by Nictus Giga om tien-uur in die hoofstad plaas. Wahl sê hy sal waarskynlik ‘n spier skeur.