Gbs-raadslede nie tevrede nie

Die minister van stedelike ontwikkeling, Erastus Uutoni, het onlangs die Gobabis-munisipaliteit besoek na aantygings van korrupsie gemaak is deur twee komitee-lede. Dit was te midde van ‘n stryery oor ‘n 4 persent salarisverhoging terwyl die dorpsraad reuse-skuld het, en die onwettige besetting van plaas Witsand. Uutoni het toe ‘n beroep gedoen op die dorpsleiers om saam te werk om die dorp te ontwikkel. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met raadslid Elvire Theron, een van die lede wat by die minister gekla het. Theron sê hulle is bly Uutoni het die dorp besoek, maar hy het nie die ongerymdhede aangespreek nie.